Home

Hallo!

Ek is Miranda gebore en groot geword op n klein dorpie in die ou  suid oos-transvaal.     Ek woon al die afgelope 29 jaar in Italie .   Dit is nou n maande wat ek oorweeg om n blog te begin .  Vandag het ek besluit nou of nooit en begin . Verskoon asb my afrikaans spelling  maar na na al die jare  kan n paar foute vergewe word. Terloops my keyboard is in italiaans en het nie die kappies en dots nie.

Die doel van hierdie blad is om algemene gedagtes van die lewe (en my lewe) te bespreek en hopelik in die proses iets na vore te bring wat die leser sal inspireer of laat dink.  Die hoofpunt is my gewig verloor proses. Ek het ondersteuning nodig – krities en opbouend. Ek weet nie waarvoor ek my inlaat nie en of iemand die blad sal lees nie maar die koeel is deur die kerk .